My prayer for 2013

Written by admin on . Posted in Uncategorized

  • Om nie vir een oomblik te vergeet waar ons hulp en krag vandaan kom nie.
  • Om nie vir een oomblik die doel van ons bediening uit die oog te verloor nie.
  •  Om nie vir een oomblik te vergeet vir wie, en hoekom ons doen wat ons doen nie.
  •  Om op die Here te vertrou en in ALLES aan Hom die eer te gee.
  •  Om daagliks die Onse Vader te bid en elke oggend bewus te word van Sy wapenrusting – vryspraak, verlossing, waarheid, bereidwilligheid, geloof en die Woord.

 

 Here Jesus, elke keer as ek voor U kom staan, kan ek nie anders as om U totale heerlikheid te ervaar nie. Ek verstaan nog steeds nie hoe dit gekom het dat U my gekies het om te doen wat ek doen nie.  En dan wys die Heilige Gees my elke keer (Hy is tog so geduldig en getrou) dit is wat Genade is My kind.  Jy hoef niks te doen behalwe glo nie, jy moet net vertrou.  Ek is jou krag, jou rots, jou veilige vesting.  Ek sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.  Ek is nie ‘n mens dat ek van gedagte verander nie. En ek lieg ook nie.  Onthou net! Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.

 

En dan kan ek net sê: WOW……….  What a mighty God I serve!

 Amen

 Dankie Jesus